Gerhard Steyn
Pretoria, GP, ZA      Other / Afrikaans
    • Songs
    • Baby Tjoklits
    • Bang vir die Donker
    • Wys my waar jou hart nou le
    • Peter Pan
    • Saterdagaand / sexy jeans
    • Soek jy my
    • Gerhard LIVE @ Emperor's Palace
    • Hoenderhokhuisie Video
    • Swerwer Video
    • Plaaskinders Video
    • Blou bul meisie Video
    • Kielie my voete Video
    • Huistoe Gaan tyd
    • Katryn my meisiekind
    • Hoenderhokhuisie
    • Laura
    • Bel my
    • Hart se Mure
    • Plaaskinders
    • Gat'ons more see toe
    • Ou Matras
    • Holtes van my hart
    • Osbloed
    • Kosie Velskoen
    • Droom jy nog van my
    • Bloubulmeisie
    • Bloumasjien
    • The Painter
    • Playlists
    • Bookmarked
    • Recently Played
    • Bookmarked
    This playlist is empty.
Loading...
Loading...
Status BREEKBAAR is Nou beskikbaar!

Artist Info

Members: Gerhard Steyn
You can also find me at: Facebook_16x16 Bebo_16x16 Myspace_16x16 Artist website_16x16
Label: Vonk
Manager: jm@gerhard-steyn.co.za

Join the Mailing List


Join the Street Team  
Privacy Policy

GERHARD STEYN het reeds sy merk gemaak in die Afrikaanse musiekindustrie en het dus nie bekendstelling nodig nie.  Maar met hierdie sexy jong sanger se nuutste CD bewys hy deur en deur dat hy genoeg substansiehet om elkeen van die huidige groot name in die bedryf behoorlike kompetisie te gee.

Gerhard Steyn het daardie misterieuse en uiters belangrike X-Faktor.  Sonder talent beteken dit niks, en dié het hy beslis, maar met sy spectrum van op-die-pols vaardighede gee dit hom daardie ekstra “iets” en is hy vinnig besig om een van ons top kunstenaars te word.  Nie alleen het hy ‘n stem en voorkoms wat vroue se knieë lam maak ni, hy is ook ‘n uiters begaafde liedjieskrywer. 

Na 2 jaar se harde werk het hy 13 snitte geskep vir ‘n briljante nuwe CD, BREEKBAAR.  Die album getuig van sy besondere vermoë om suiwer en gepas kontemporêr te wees ten opsigte van ‘n wye mark bewonderaars – en elke word kom uit sy eie platinum gedrewe pen.  Elke liedjie verteliets van dit wat vir Gerhard of baie van ons belangrik is.  Daar is die lekker-luister en saamsing nommers soos Baby Tjoklits en Bang vir die donker wat reeds stewige gunstellinge onder sy aanhangers is.  Dit is met nommers soos Pennies en Ponde, Breekbaar en Hart se mure (om maar ‘n paar uit te sonder) wat hy bewys dat hy in toorwoorde skryf.  Hy vang nostalgiese skyfies van ons lewe in Suid-Afrika vas wat soos kiekies in ‘n geliefde foto-album voel.  Deur by 3 van die land se beste producers op te neem, nl. Andries Botha, Johan Rautenbach en Byron kuntz, het Gerhard seker gemaak dat hierdie album net die heel beste op alle vlakke lewer.

Gerhard se DVD, 17 SONGS OP 17 MEI pols van energie. Sy vernuf is hier audiovisueel te beleef en hy doen dit soos net hy kan.  Van die eerste intrapslag (op ‘n Harley Davidson....) betrek hy die opgewonde skare by die hele porses.  Sy show is opreg, die orkes uitmuntend en sy energie en interaksie met die gehoor is noemenswaardig.  Hy is slim wanneer dit by die afwisseling van sy songs kom – hy hou die massas voor hom sonder moeite in die palm van sy hand.  Pas nadat hulle gejil het op Bietjie-Bietjie, raak hulle in vervoering stil met Houthuis en verliefdes staan arm om die lyf en droom saam met hierdie veelsydige kunstenaar. Sy pragtige song The Painter wys ‘n diep deernis en leemte in sy lewe. Sonder oordrewe sentimentaliteit maar opregte verlange dra hy die pragtige lied aan sy Pa op wat agt jaar gelede oorlede is. 

Benewens die 17 snitte is daar ook ‘n paar lekker ekstras.  Soos met enige verrassing is die twee bonus musiekvideos, ‘n weergawe van Unchain my heart endie skelm kyk agter die skerms ‘n lekker geskenk spesiaal vir sy bewonderaars.  Daar is geen twyfel oor die sukses van hierdie produk nie.   Van die kleinste pikkie in die voorste ry wat met oopmond bewondering na sy geliefde kunstenaar staar, tot ‘n hele paar meisies met sterre in hul oë wat amper so helder soos Emperors se liggies is, is sigbare bewys dat hy alles reg doen.

Ten spyte van ‘n kaboedel seëninge, bly Gerhard nederig en gee hy midelik erkenning aan sy Skepper en die handvol mense in die bedryf wat in hom glo en met hul ervaring gaan help om sy yellow brick road met goue en platinum toekennings te plavei.  Charismaties, oorspronklik, talentvol, doelgerig, ambisieurs en gedrewe is daar net een rigting waarheen hierdie opkomende superstar kan gaan – en dis tot heel bo

 

Loading...
Loading...
Loading...
Loading...
Loading...
Loading...
Loading...
Loading...
Loading...
Loading...
 

 
Advertisement728
 

Recommended

by ReverbNation
Lisa B

Lisa B

Jazz / Electro Lounge ...

Cape Town, WC, ZA

Cal...

Calyptra

Rock / Instrumental / ...

Cape Town, WC, ZA

Con...

Conscript

Metal

Johannesburg, GP, ZA

Nat...

NateChristian

Electronica/Dance / Dr...

Doncaster, UK

 
 

Contests/Events

Kos_banner